By George Larry Groenewald (2018)
(English version: What the fool believes)
right-click to download audio (choose ‘Save target/link as…’)
1:
Die dwaas glo in sy hart
Daar is geen God,
Hy plaas homself op ‘n troon
Ontbloot sy naaktheid soos ‘n sot,
Hy glo in ‘n valse vrye wil
Maar is gevang in sy komplot,
Hy streef na rykdom en eer
Maar dit maak hom net bankrot.
KOOR 1:
Wat die dwaas in glo?!
Hy kan nie eens sien,
Dat hy net mens is…
(die mens van sonde).
Wat die dwaas in glo?!
God’s wysheid word versmaai
Want hy is reg in sy eie oë!
Wat die dwaas in glo?!
Gedryf deur ‘n gees.
Veg hy voort vlees teen vlees.
Wat die dwaas in glo?!
Ja hy glo!
In sy denke se vermoë!
2:
Die dwaas glo in sy hart
Hy is sy eie god,
Met sy goeie werke in vlees
Plaas hy sy hoogste bod.
Hy streef na dinge daar bo
Maar hy skiet altyd te kort.
Deur sy aardse redenasies
Stuur hy af op ‘n tragiese lot.
KOOR 2:
Wat die dwaas in glo?!
Hy kan nie eens sien,
Dat hy die seun is…
(die seun van verderf).
Wat die dwaas in glo?!
God’s wysheid word versmaai
Want hy’s reg in sy eie oë!
Wat die dwaas in glo?!
Gedryf deur ‘n gees
Veg hy voort vlees teen vlees.
Wat die dwaas in glo?!
Ja hy glo!
In sy denke se vertoë!
BRUG:
Dankie Vader
Vir die ontbloting van die dwaas in ons eie hart,
Ons sien ons naaktheid en ons eiegeregtigheid,
Verneder deur ons boosheid en ons eie kwaad,
Vader vergeef,
Bedek ons met U geregtigheid in Jesus Naam!
MUSIEK
KOOR 1:
Wat die dwaas in glo?!
Hy kan nie eens sien,
Dat hy net mens is…
(die mens van sonde).
Wat die dwaas in glo?!
God’s wysheid word versmaai
Want hy’s reg in sy eie oë!
Wat die dwaas in glo?!
Gedryf deur ‘n gees.
Veg hy voort vlees teen vlees.
Wat die dwaas in glo?!
Ja hy glo!
In sy denke se vertoë!
EINDE:
Die eerste Adam was geskep in nietige vlees,
In die Skepperhand misluk die voorwerp van oneer!
Maar slegs deur Jesus Christus
Word ons verlos van die sondige mens,
Dankie Vader vir ‘n uitkoms deur Jesus ons Heer!