By George Larry Groenewald (2016)
(English Version: Lord To Whom Shall We Go)
right-click to download audio (choose ‘Save target/link as…’)
WOORDSPRAAK:
Want so lief het God die wêreld gehad,
dat Hy sy eniggebore Seun gegee het,
sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie,
maar die ewige lewe kan hê.
Christus het die gees van die Vader
Om hierdie evangelie te verkondig.
Hierdie goeie nuus aan almal te bring
Die goeie nuus genees die siekes.
Die goeie nuus bevry die gevangenis in sonde
Die goeie nuus bring nuwe visie aan die blindes
Die goeie nuus herstel die gebrokenes van hart.
KOOR 1:
Heer, na wie sal ons gaan?
U het die Woorde van Lewe.
Heer, na wie sal ons gaan?
U verwyder aardse strewes.
1:
U is die Verlosser van almal,
U is die Gees van Waarheid,
U is die Vertrooster vir almal wat se seer is,
U is die Sterkte in ons swakheid.
KOOR 2:
Heer, na wie sal ons gaan?
U gee die brood van lewe;
Heer, na wie sal ons gaan?
U gee die waters van vrede.
2.
Here, na wie toe sal ons gaan?
U het die woorde van die lewe.
ons het geglo, en ons erken,
U is Christus, die Seun van God.
[Aangepas van Joh 6:67-69]
KOOR 3:
Heer, na wie sal ons gaan?
U het die Woorde van Lewe;
Heer, na wie sal ons gaan?
U verwyder aardse strewes.
Here, na wie sal ons gaan?
U woord is bo alles verhewe;
Here, na wie sal ons gaan?
U is die Rots van die eeue!
WOORDSPRAAK:
In Adam is ons almal verlore,
In Christus sal almal gered word;
In Adam is ons almal blind;
In Christus sal almal kan sien.
In Adam is almal gebroke;
In Christus sal harte genees word.
In Adam is almal naak;
In Christus sal almal beklee word.
In Adam is ons gebonde,
In Christus word ons bevry.
In Adam is ons dood
In Christus sal ons leef.
In Adam is ons eensaam
In Christus vind ons Sy familie
In Christus is ons ware seuns van God
Christus is die Redder van die wêreld
Christus inderdaad red almal!