By George Larry Groenewald (2016)
(English Version: The Potter’s Hand)
right-click to download audio (choose ‘Save target/link as…’)
GESPROKE WOORD:
In die begin was die Woord,
en die Woord was by God,
en die Woord was God.
Hy was in die begin by God.
Alle dinge het deur Hom ontstaan,
en sonder Hom het nie een ding ontstaan wat ontstaan het nie.
In Hom was lewe,
en die lewe was die lig van die mense.
En die lig skyn in die duisternis, en die duisternis het dit nie oorweldig nie.
In die begin het God die hemel en die aarde geskape.
En die aarde was woes en leeg, en duisternis was op die wêreldvloed.
1.
Die aarde was eers donker en leeg,
Alle skepsels was gedoem tot verderf,
Die mens is eers in vlees, en misluk,
Deur die Vaderhand so beskik.
2.
Die kwaad regeer die dieptes van ons see,
Onrein diere beïnvloed al ons tree,
Bose voëls verdonker ons land,
Alles uit die Vaderhand.
KOOR:
Toe gee U Lig om ons donker te besweer,
met dieper insig, ken ons nou U weë,
O Vader, hoe goed is dit,
Om saam met U te sit,
In U hemel vol van Lig.
MUSIEK (Alles in die Vaderhand…die Vaderhand…Sy Meesterplan…die Vaderhand!)
3.
Ons groei deur goed van kwaad te kan skei
Soos ons beweeg tot agter Sy gordyn,
So woed die oorlog in ons hemelland
Alles in die Vaderhand.
4.
Vaders, jul ken Hom van die begin
Jonges, julle het die bose oorwin
Kinders, al jul sondes is vergeef
Deur die Vaderhand so geweef.
KOOR:
Nou gee U Lig om ons donker te besweer,
met dieper insig, ken ons nou U weë,
O Vader, hoe goed is dit,
Om saam met U te sit,
In U hemel vol van Lig.
MUSIEK (Alles in die Vaderhand…die Vaderhand…Sy Meesterplan…die Vaderhand!)
Einde:
In Adam leef ons in duisternis
Maar in Christus wandel ons in Sy Lig
(in die Vaderhand).
In Adam kom ons voort in sonde
Maar in Christus word ons wederbaar deur Sy gees
(in die Vaderhand).
In Adam is ons dood
Maar in Christus sal ons almal deur Hom leef
(in die Vaderhand).