Die Bloedlyn Van Die Christus (Larry Groenewald)

By George Larry Groenewald (2016)
(English version: The Bloodline of Christ)

right-click to download audio  (choose ‘Save target/link as…’)

 

1.
Aanklaende vingers
Die leuenagtige tong,
Wat dink Hy om Homself Seun van God te noem?

Verag en verwerp,
n Mens vol smarte,
Bekend met siektes,
Geminag deur die wêreld.

2.
Aangekla en verhoor,
Aantygings uitgebeuel,
Bespot en uitgelag,
Ja, Sy lot was verseël.

Die vyande skree,
Teen die waarheid in Sy Woord;
Kruisig-kruisig!
Oog-vir-oog!
Voet-vir-voet!

KOOR
Want die wêreld is blind,
Hulle kan nie verstaan,
Dat Jesus gekom het om te ly en te sterf.

Ons Sy lewe te gee,
Ons die weg te wys,
Soos ons sterf vir self,
Beweeg ons van nag tot dag!

GESPROKE WOORD:
Die aardse konings en die vorste kom saam,
Om te veg teen die HEER en Sy Gesalfdes.

Om alles te doen
Wat God se hand en God se raad
Vooruit bepaal het om te gebeur.

Ons almal is in ons onkunde en blindheid gevang
In ons welluste en hoogmoed.

Ons verraai en vermoor ons die Heer
Deur ons verwerping van Sy Woord,
En die haat teen ons medemens.

Maar Sy Bloed en Sy lewe,
Deur Sy Woorde van gees,
Sal ons almal wederbaar tot Sy ware Lewe!

KOOR
Want die wêreld is blind,
Hulle kan nie verstaan,
Dat Jesus gekom het om te ly en te sterf.

Ons Sy lewe te gee,
Ons die weg te wys,
Soos ons sterf vir self,
Beweeg ons van nag tot dag!

3.
Aanklaende vingers,
Die leuenagtige tong,
Hoe kan jy jouself ‘n kind van God noem?

Ons word geskree en gespot,
vervloek en verdoem,
Soos ons deel in Sy smart,
So word die Christus vervul.

KOOR 2
Want die wêreld is blind,
Hulle kan nie verstaan,
Dat ons volg die bloedlyn van ons Heer

Om te ly en te sterf,
Onsself te verloën,
Is om alles in Christus te wen!

EINDE
In Adam wys ons aanklaende vingers,
In Christus weerstaan ons nie die bose (daarbuite);

In Adam fluister ons in die nag,
In Christus getuig ons van die dag;

In Adam is ons hoogmoedig,
In Christus kry ons Sy sagmoedigheid.

In Adam is ons spotters,
In Christus dank en prys ons Hom in alles;

In Adam spog ons met ons reg,
In Christus kry ons Sy geregtigheid;

In Adam is ons dood,
In Christus sal ons almal lewe!

Thank you for your comments!

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.